Friday, 15 November 2013

New Book, New Broom, New Coin - the launch of Off-ramp, by Rene Bohnen


Die virus tref haar tussen twee verkeersligte naby Wespark. Sy sweet en bestuur, sweet en bestuur, konsentreer deur die spitsverkeer en die yskoue prikkels in haar voete en hande. Genadiglik maak sy dit tot by die parkeer-area, sluit die motor en storm dramaties verby die wit tafels met die wynglase, verby die silwer ysemmer en camembert-broodjies, tot by die badkamer. Hoe lank bly sy daar, nee sy weet nie – deur die venster hoor sy vaagweg hoe lag en gesels die gaste wat nou reeds aangekom het vir die boekbekendstelling. ʼn Skoonmaker kom in met emmer en mop, verbaas om ʼn vrou op die vloer te sien lê naby die wasbak. Is daar fout, wil sy weet. Nee, antwoord die vrou, ek is doodreg, ek het kom foto’s neem. Ek voel soos ʼn karakter in ‘n film van David Lynch, dink sy. Of in een van Gary Cummiskey se kortverhale...Read more here


No comments: