Monday, 24 October 2011

Gedigte in die Goudstad: Melville Poetry Festival by Rene Bohnen

Op Saterdag 15 Oktober was gedigte in die Goudstad gratis. Veel liefliker nog: hulle was ook vry. 
Die Melville Poetry Festival het afgeskop op die hoek van Sewende Straat en Vierde Laan. Op soek na parkering toe ek daar aankom, het luide gejuig en lewendige tromspel aangekondig dat die gees reeds hoog loop. Die strate is nie afgesper nie; motors en voetgangers het ewe gemoedelik en behendig die ruimte gedeel. Die sonnige weer het bygedra tot ’n atmosfeer van spontaneïteit en vrolikheid. Ek sien nie dikwels dat ’n gehoor handeklap en saamsing op hulle eie wysies om te harmonieer met gedigte nie. Maar in Mellies vandag gebeur dit: die digters word aangemoedig, toegejuig – daar is suiwer plesier in die lug...Read more here

No comments: